top of page

Kreatief Wees

Ek sit nou al ‘n rukkie. Alles is uitgepak wat ek besit waarmee mens kan skryf, knip, spoeg-en-plak, inkleur en nog vele meer. Maar…daargebeur net mooi niks! Die kreatiwiteits “juices” wil net nie vloei nie, die enigste nattigheid is die sweet wat op my voorkop vorm. Hulle noem dit paniek!

Ek kry myself net nie aan die gang nie. Natuurlik omdat ek ‘n bestelling het en nodig het om dit nou te doen, nie net nou nie…Ai tog. Ek sit terug en dink, miskien moet ek Parys toe trek – nee man – nie in die Vrystaat nie! Dalk as ek met my goedjies daar langs die straat op die “cobble stones” sit en ploeter terwyl mense oor my skouer loer gebeur daar iets kreatiefs…Meer sweet kom te voorskyn as ek aan die mense oor die skouer dink…Miskien liewer nie…

So hardloop die horlosie met my dag weg. Ek staan op en gaan maak koffie – dis nou vir die senuwees, oorweeg dit om voor 12 uur in die dag die bottle wyn oopte maak, besluit daarteen en stap terug. My tafel lyk nog dieselfde. Niks het gebeur terwyl ek weg was nie…

Ek sit musiek aan – tel ‘n stuk leer op en begin sny – klaar nou. Ek dink aan wat Steve Jobs gesê het: “Creativity is just connecting things. When you ask creative people how they did something, they feel a little guilty because they didn’t really do it, they just saw something. It seemed obvious to them after a while.”

Ek begin saam met die musiek sing, sluk koffie, knip, neurie lekker saam die radio en knip…

Die deur gaan oop, ek sukkel om te sien wie dit is- toe ek op kyk- dit het intussen skemer begin raak en my oë focus nie meer so lekker nie. Manlief glimlag as hy oor my skouer loer. “Jy was besig vandag, kyk net al die mooi goed”. Ek kyk ook vir die tafel, en my mond hang oop, kleurvolle armband en krale lê oral op die blad. Ek is verstom! Wat!

Dit is wanneer ons ophou probeer en net doen, dat die beste uitkom. Uit daardie nederige plek van – ek kan nie, kan ek?

Ek eindig met iets wat Albert Einstein gesê het.“Creativity is contagious, pass it on”. Step out and do it – You can!

Recent Posts

See All
When the world turns it's back

Die storie agter die skildery “When the world turns its back” Wat maak ‘n kunstenaar as haar wêreld in duie stort? Sy verf…. Of sy nou...

 
 
 

Коментарі


Perd.jpg
Story Time copy.jpg

© 2018 Kreatief. Proudly created with Wix.com

bottom of page