top of page

Die storie agter die skildery “When the world turns its back”

Wat maak ‘n kunstenaar as haar wêreld in duie stort? Sy verf…. Of sy nou lus is of nie.

Een oggend word ek wakker, na ‘n geruime tyd van swaarkry en sukkel om kos op die tafel te sit. Ek staan moedeloos op en trek my esel nader want iewers moet daar ‘n deur braak kom. Die leë skildery staan voor my en koggel my uit dat ek goed genoeg vir niks is nie. Ek is moeg en wil begin glo dat ek niks reg kan doen nie.. Die donkerte lê soos ‘n storm oor my, tog hoor ek ‘n stemmetjie fluister :”Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou die krag gee.”

Ek worstel met gevoelens dat ek en my gesin alleen is teen die wêreld en dat die wêreld hul rug op ons gedraai het en begin my hart uitverf. Trane begin oor my wange vloei terwyl ek die eerste kwas hale verf en ek besef dat ek besig is om my diepste gevoelens op ‘n canvas vas te pen. Almal sal kan sien met waste gevoelens ek worstel en mens wil mos nie hê dat die wêreld jou moet sien in jou swakheid nie?

Soos ek die skildery afrond kom die title by my op “When the world turns its back”. Dis toe dat ek besef; as die wêreld sy rug op jou draai, en hulself wil blind hou vir jou situasie, is dit tyd om soos die perd in die skildery, jou rug op jou donker situasies te draai en dit te gee vir die Here. Dis tyd om weer terug te draai na die bron van lig, ons Vader in die Hemel wat weet van als. Hy is mos groter as ons situasies…

Al het jy hoe hard geval in die lewe: Staan op, stof jouself af en draai jou gesig na God. Net Hy kan jou uithelp in tye van nood, al lyk dit nie altyd of Hy daar is nie. Hou jou oë op HOM en focus op die talente wat Hy vir jou gegee het. Dit gaan nie altyd ‘n maklike pad wees nie en dinge gaan beslis nie altyd goed gaan met jou nie. Op die oueinde sal alles uitwerk in die Here se wil en sal jy op ‘n reis gaan wat jou baie belangrike lewenslesse leer.



Ek sit nou al ‘n rukkie. Alles is uitgepak wat ek besit waarmee mens kan skryf, knip, spoeg-en-plak, inkleur en nog vele meer. Maar…daargebeur net mooi niks! Die kreatiwiteits “juices” wil net nie vloei nie, die enigste nattigheid is die sweet wat op my voorkop vorm. Hulle noem dit paniek!

Ek kry myself net nie aan die gang nie. Natuurlik omdat ek ‘n bestelling het en nodig het om dit nou te doen, nie net nou nie…Ai tog. Ek sit terug en dink, miskien moet ek Parys toe trek – nee man – nie in die Vrystaat nie! Dalk as ek met my goedjies daar langs die straat op die “cobble stones” sit en ploeter terwyl mense oor my skouer loer gebeur daar iets kreatiefs…Meer sweet kom te voorskyn as ek aan die mense oor die skouer dink…Miskien liewer nie…

So hardloop die horlosie met my dag weg. Ek staan op en gaan maak koffie – dis nou vir die senuwees, oorweeg dit om voor 12 uur in die dag die bottle wyn oopte maak, besluit daarteen en stap terug. My tafel lyk nog dieselfde. Niks het gebeur terwyl ek weg was nie…

Ek sit musiek aan – tel ‘n stuk leer op en begin sny – klaar nou. Ek dink aan wat Steve Jobs gesê het: “Creativity is just connecting things. When you ask creative people how they did something, they feel a little guilty because they didn’t really do it, they just saw something. It seemed obvious to them after a while.”

Ek begin saam met die musiek sing, sluk koffie, knip, neurie lekker saam die radio en knip…

Die deur gaan oop, ek sukkel om te sien wie dit is- toe ek op kyk- dit het intussen skemer begin raak en my oë focus nie meer so lekker nie. Manlief glimlag as hy oor my skouer loer. “Jy was besig vandag, kyk net al die mooi goed”. Ek kyk ook vir die tafel, en my mond hang oop, kleurvolle armband en krale lê oral op die blad. Ek is verstom! Wat!

Dit is wanneer ons ophou probeer en net doen, dat die beste uitkom. Uit daardie nederige plek van – ek kan nie, kan ek?

Ek eindig met iets wat Albert Einstein gesê het.“Creativity is contagious, pass it on”. Step out and do it – You can!

Mamma en pappa- dit kos julle niks nie- als reeds by die huis.


1. Macaroni, verf, papier, gom en garing

Kinders kan hangertjies maak, en prentjies bou.


2. Lee houers, kleur papier en gom.

Kinders kan die boksies versier deur die papier in stukkies te skeer en op te plak.


3. Speel Klei- ( Resep op volgende bladsy)

Kinders kan enige ietsie kreatief met klei maak. Ure se pret.


4.Lee toilet rolle, gom en gekleurde papier

Kinders kan verskillenmde diertjies maak en poppekas hou


5. Lee eierdoppe, verf en gom

Kinders kan die doppe verf en gesiggies maak, of fyn maak en meng met verf en gom en dit plak op papier.


Perd.jpg
Story Time copy.jpg

© 2018 Kreatief. Proudly created with Wix.com

bottom of page